Hồ Chí Minh
Hồ Chí Minh (Nghệ An, 19 Mei 1890 - Hanoi, 2 September 1969) gebore as Nguyễn Sinh Cung en ook bekend as Nguyễn Tất Thành en Nguyễn Ái Quốc, was 'n Viëtnamese kommunistiese rewolusionêre leier. Hy het as die premier (1945-1955) en president (1945-1969) van die Demokratiese Republiek van Viëtnam (Noord-Viëtnam) gedien. Hy het 'n sleutelrol in die stigting van die Demokratiese Republiek van Viëtnam in 1945 gespeel, asook in die stigting van die Volksleër van Viëtnam (PAVN) en die Viëtkong (NLF of VC) tydens die Viëtnamoorlog.
Hồ Chí Minh | |
Hồ Chí Minh in 1946. | |
Voorsitter van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van Viëtnam | |
Ampstermyn 19 Februarie 1951 – 2 September 1969 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
---|---|
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Eerste Sekretaris van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van Viëtnam | |
Ampstermyn 1 November 1956 – 10 September 1960 | |
Voorafgegaan deur | Trường Chinh |
Opgevolg deur | Lê Duẩn |
1ste President van Viëtnam | |
Ampstermyn 2 September 1945 – 2 September 1969 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Nguyễn Hữu Thọ (as voorsitter) Tôn Đức Thắng (as President) |
Eerste minister van Viëtnam | |
Ampstermyn 2 September 1945 – 20 September 1955 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Phạm Văn Đồng |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Nguyễn Sinh Cung 19 Mei 1890 Kim Liên, Nghệ An-provinsie, Frans-Indochina (tans Viëtnam) |
Sterf | 2 September 1969 Hanoi, Noord-Viëtnam |
Politieke party | Kommunistiese Party van Viëtnam |
Eggenoot/-note | Tang Tuyet Minh |
Handtekening |
Hy lei die onafhanklikheidsbeweging Viet Minh vanaf 1941, stig die kommunistiese Demokratiese Republiek van Viëtnam in 1945 en verslaan die Franse Unie in 1954 tydens die Slag van Điện Biên Phủ. Hy dra sy mag in 1955 weens gesondheidsprobleme oor, maar bly tot sy dood 'n sigbare boegbeeld en bron van inspirasie vir die Viëtnamese wat vir 'n verenigde, kommunistiese Viëtnam veg. Na die oorlog is Saigon, die hoofstad van Suid-Viëtnam, na Ho Chi Minh-stad hernoem.