Helikopterboom

Die Helikopterboom (Gyrocarpus americanus) is 'n middelgroot tot groot, bladwisselende boom wat voorkom op dolomiet in die noorde van Namibië. In die Zambezivallei en Limpopovallei groei die boom in warm, droë, laagliggende bosveld. Die stam is gewoonlik regop en die bas is glad en grys tot wit van kleur. Die volksnaam is afgelei van twee vlerke aan die vrug wat soos die skroef van 'n helikopter in die rondte draai wanneer die vrug val.

Helikopterboom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Magnoliids
Orde:
Laurales
Familie:
Genus:
Spesie:
G. americanus
Binomiale naam
Gyrocarpus americanus
Jacq.
Sinonieme
  • Gyrocarpus jacquini Gardner 1791
  • Gyrocarpus asiaticus Willd. 1805

Fotogalery

Sien ook

Bronne

  • Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.