Gymnosporia woodii
Gymnosporia woodii is 'n struik wat hoort tot die genus Gymnosporia. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom by Inanda naby Durban voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 122 kmĀ² en daar is vyf subpopulasies. Die subpopulasies word bedreig deur oorbeweiding, gewasverbouing, ontwikkeling en onbeheerde brande. Die totale populasie is kleiner as 300 plante.
Gymnosporia woodii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Celastrales |
Familie: | Celastraceae |
Genus: | Gymnosporia |
Spesie: | G. woodii |
Binomiale naam | |
Gymnosporia woodii Szyszyl., (1888) | |
Sinonieme | |
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.