Gwangju
Gwangju (Koreaans: 광주광역시, [kwaŋ.dzu], ) is die sesde grootste stad naas die hoofstad Seoel, Busan, Incheon, Daegu en Daejeon in die suidweste van Suid-Korea en lê in die suidweste van die Koreaanse Skiereiland. Die stad het 'n bevolking van 1 490 092 in 2019 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 501,24 km². Die stad is in 57 v.C. gestig en was tydens die Drie koninkryke van Korea die administratiewe sentrum van die Baekje-ryk. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.
Gwangju | |
---|---|
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Streek | Honam |
Koördinate | 35°10′N 126°55′O |
Stigting | 57 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 501,24 vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 1 490 092 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 000/vk km |
Tydsone | UTC +9 (KST) |
Burgemeester | Lee Yong-seop |
Amptelike webwerf | gwangju.go.kr |
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gwangju.
- (en) Toerisme-inligting oor Gwangju op Wikivoyage
- (ko) Amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.