Guzheng
'n Guzheng of gu zheng ((zh) , of eenvoudig genoem zheng (箏, gu 古 beteken "oud" of "argaïes"), is 'n Chinese snaarinstrument. Dit het 18 of meer snare en skuifbare brûe. Die moderne guzheng het gewoonlik 21 snare en brûe. Die "vingerpunte" (genoem "DaiMao") word gewoonlik deur musikante gebruik om die guzheng te speel en word algemeen van die doppe van skilpaaie gemaak.

'n Guzheng
_cropped.jpg.webp)
Verskeie guzhengs in 'n winkel

Die guzheng is die voorvader van verskeie Asiatiese snaarinstrumente, soos die Japannese koto.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.