Guppie
Die Guppie (Poecilia reticulata) is 'n varswater vis. Dit is een van die mees gewilde akwarium visspesies ter wêreld. Die vis kom natuurlik voor in noord-oos Suid-Amerika en die Karibiese Eilande. In Suider-Afrika kom die vis voor in KwaZulu-Natal, die Kuruman Oog en die Otjikotomeer in Namibië. Die vis staan ook bekend as die Miljoenvis. In Engels staan die vis bekend as die Guppy.
Guppie | |
---|---|
Volgroeide vroulike en manlike individue. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Poecilia |
Spesie: | P. reticulata |
Binomiale naam | |
Poecilia reticulata Peters, 1859 | |
Sinonieme | |
Acanthocephalus guppii |
Voorkoms
Die wyfie (60 mm) is groter as die mannetjie (30 mm) en die lyf is dieper en ronder as die mannetjie. By die wyfie is die stertvin ook bolrond. Die mannetjie is skraler met goed ontwikkelde gonopodium. Die mannetjie se kleur wissel aansienlik het gewoonlik kombinasies van helder rooi, blou, turkoois en geel. Swart kolle en strepe kan ook voorkom. Die wyfie het 'n swart kol bokant die anus.
Habitat
Die guppy is 'n lid van die familie Poeciliidae. Soos al die ander lede van die familie word hulle lewendig gebore (die eiers broei uit binne die wyfie); dus Ovovivipaar. Hulle is ook bekend as vinnige broeiers. Die draagtydperk is 22 tot 26 dae. Die vis kan leef in vars- en brakwater. Hulle verkies egter warmer water, 23 - 24 °C en benodig water met baie plantegroei in vir oorleweing. Die vis vreet muskiet larwes en klein wurms.
Trivia
Robert John Lechmere Guppy het guppies vir die eerste keer in Trinidad in 1866 ontdek. Die vissie is die eerste keer in 1912 in Gauteng en KwaZulu-Natal losgelaat as natuurlike plaagbeheer teen muskiete. Die vis is ook moedswillig losgelaat deur akwarium eienaars.