Gujranwala
Gujranwala (Pandjabi en Oerdoe: گوجرانوالہ) is 'n stad in die noordweste van Pakistan. Die stad het 'n bevolking van 1 526 168 in 2009 gehad en is die sesde grootste stad van die land ná Karatsji, Lahore, Faisalabad, Rawalpindi en Multan. Gujranwala is net wes van die grens tot Indië en noord van Lahore is geleë. Gujranwala het 'n lang geskiedenis en het tussen 1799 en 1802 as hoofstad van die Sikh-ryk gedien. Met die verdeling van dié ryk het die stad deel van Brits-Indië geword en maak sedert 1947 deel uit van Pakistan.
Gujranwala گوجرانوالہ | |
---|---|
Gujranwala | |
Koördinate: 32°15′00″N 74°11′00″O | |
Land | Pakistan |
Provinsie | Punjab |
Regering | |
• Burgemeester | Fayyaz Ahmad Chattha |
Oppervlak | |
• Stad | 3 198 km2 (1 235 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 1 526 168 |
• Digtheid | 477/km2 (1 240/vk. myl) |
• Metro | 2 439 780 |
Tydsone | UTC+05:00 (PST) |
• Somertyd | UTC+06:00 (PDT) |
Poskode | 52250 |
Skakelkodes | 055 |
Gujranwala was een van die gasheerstede tydens beide die Krieketwêreldbeker 1987 en Krieketwêreldbeker 1996.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.