Guinness World Records

Guinness World Records, sedert sy ontstaan in 1955 tot 1998 bekend as The Guinness Book of World Records, is 'n verwysingsboek wat jaarliks gepubliseer word, met 'n lys van alle wêreldrekords en nasionale rekords, van menslike prestasies sowel as die uiterstes van die natuurlike wêreld.

Guinness World Records
SkrywerCraig Glenday (redakteur)[1]
OmslagontwerperSimon Jones
TaalEngels, Arabies, Bulgaars, Chinees, Kroaties, Tsjeggies, Deens, Nederlands, Estnies, Filippyns, Fins, Frans, Duits, Grieks, Hebreeus, Hongaars, Yslands, Italiaans, Japannees, Koreaans, Lets, Noors, Persies, Pools, Portugees, Roemeens, Russies, Slowaaks, Sloweens, Spaans, Sweeds en Turks
ReeksJaarboek
Onderwerpwêreldrekords
Genreverwysing
UitgewerJim Pattison Group
Uitgegee10 November 1951
MediumBoek, Televisie
Letterkunde-portaal
Sultan Kösen (van Turkye) is sedert 17 September 2009 die langste steeds lewende persoon op aarde.
Lucky Diamond Rich is "die wêreld se mees getatoeëerde persoon", met tatoeëermerke oor sy hele lyf. Hy hou die Guinness-wêreldrekord seder 2006 en is 100% getatoeëer.

Met die 2016-uitgawe is dit nou in sy 62ste jaar van publikasie. Die internasionale franchise het uitgebrei buite die gedrukte weergawe om ook 'n TV-reeks en museums in te sluit. Die gewildheid van die franchise het daartoe gelei dat Guinness World Records steeds die primêre internasionale gesag op die katalogisering en die verifikasie van 'n groot aantal wêreldrekords is; die organisasie het amptelike rekordbeoordelaars in diens wat gemagtig is om die egtheid van die opstel en verbetering van rekords te verifieer.[2]

Geskiedenis

Op 10 November 1951 het sir Hugh Bewer, destyds die besturende direkteur van Guinness Breweries,[3] op 'n jagtog vertrek na die North Slob (en) , by die Slaneyrivier in County Wexford, Ierland. Nadat hy 'n goue kiewiet misgeskiet het, het hy in 'n argument betrokke geraak oor watter die vinnigste wildvoël in Europa is, die goue kiewiet of die rooifisant. (Dit is die kiewiet).[4]) Daardie aand in Castlebridge House, het hy besef dat dit onmoontlik was om, selfs met verwysingsboeke, te bevestig of die goue kiewiet Europa se vinnigste voël was.[5][6] Bewer het geweet dat daar talle ander onbeantwoorde vrae moes wees, wat tot laatnag in kroeë in die hele Ierland en die buiteland bespreek is, maar daar was geen boek ter die wêreld wat hierdie argumente oor rekords kon oplos nie. Hy het toe besef dat 'n boek wat al die antwoorde op dié soort vrae kan verskaf, uiters suksesvol behoort te wees.[7]

Bewer se idee het 'n werklikheid geword toe 'n werknemer by Guinness, Christopher Chataway, sy universiteitsvriende Norris en Ross McWhirter, wat 'n feite- of speuragentskap in Londen bedryf het, voorgestel het. Die broers het die opdrag gekry om The Guinness Book of Records op te stel in Augustus 1954. 'n Duisend eksemplare is gedruk en gratis weggegee.[8]

Ná die stigting van The Guinness Book of Records by 107 Fleet Street, is die eerste 198-bladsyuitgawe op 27 Augustus 1955 uitgegee, wat na die top van die Britse besteverkoperlys geklim het teen Kersfees. Bewer het gesê: "Dit was 'n bemarkingspromosie – dit was nie veronderstel om 'n geldmaker te wees nie". Die volgende jaar is dit van stapel gestuur in die VSA, en 70 000 kopieë is verkoop. Sedertdien het Guinness World Records 'n huishoudelike naam geword en die globale leier geword wat wêreldrekords betref. Die boek het self ook 'n wêreldrekord behaal, as die besverkoper kopieregboek van alle tye., met verkope van meer as 100 miljoen eksemplare in 100 verskillende lande en 37 tale,[9][10]

Verwysings

  1. "Corporate" (in Engels). Guinness World Records. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2018. Besoek op 19 Oktober 2010.
  2. "Frequently Asked Questions".
  3. "The History of the Book".
  4. Fionn Davenport (2010).
  5. "Early history of Guinness World Records". 2005. p. 2
  6. Cavendish, Richard (Augustus 2005).
  7. Guinness World Records 2005.
  8. "Guinness Book History 1950 – Present". spyhunter007.com.
  9. "Best-selling annual publication".
  10. Watson, Bruce (Augustus 2005).

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.