Guinee-Bissau
Guinee-Bissau (Portugees: Guiné-Bissau, [ɡiˈnɛ biˈsau]), amptelik die Republiek Guinee-Bissau (República da Guiné-Bissau, [ʁeˈpublikɐ dɐ ɡiˈnɛ biˈsaw]), is 'n land in Wes-Afrika en een van die kleinste nasies op die vasteland van Afrika. Dit word deur Senegal begrens in die noorde, en Guinee in die suide en ooste, met die Atlantiese Oseaan in die weste. Die land was voorheen bekend as die Portugese kolonie, Portugees-Guinee, maar die naam van die hoofstad Bissau is tot die amptelike naam toegevoeg om verwarring daarmee en met die Republiek Guinee te verhoed.
| |||||
Nasionale leuse: Unidade, Luta, Progresso (Portugees vir: "Eenheid, Stryd, Vooruitgang") | |||||
Volkslied: Esta É a Nossa Pátria Bem Amada (Portugees vir: "Dit is ons geliefde vaderland") | |||||
Hoofstad | Bissau | ||||
Grootste stad | Bissau | ||||
Amptelike tale | Portugees | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Umaro Sissoco Embaló Rui Duarte de Barros | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar • Erken • Huidige grondwet |
van Portugal 24 September 1973 10 September 1974 6 Mei 1984 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
36 125 km2 (134ste) 13 948 myl2 22,4 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2002-sensus - Digtheid |
2 078 820[1] (150ste) 1 345 479 46,9 / km2 (154ste) 121,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,483[3] (177ste) – laag | ||||
Gini (2018) | 34,8[4] – hoog | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XOF ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .gw | ||||
Skakelkode | +245 |
Geskiedenis
Guinee-Bissau was vroeër die Koninkryk Gabù, deel van die Maliryk; dele van die koninkryk het bly voortbestaan tot die 18de eeu. Die riviere en kus van die gebied was egter van die eerste plekke wat deur die Portugese, wat die slawehandel in die 17de eeu begin het, gekoloniseer is. Die binneland is nie verken tot die 19de eeu nie. 'n Rebellie wat in 1956 deur die Partido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde (PAIGC) (Afrika Party vir die Onafhanklikheid van Guinee en Kaap Verde) begin is, konsolideer sy houvas op die land teen 1973. Onafhanklikheid word eensydig verklaar op 24 September 1973 en is erken deur 'n 93-7 VN Algemene Vergadering stemmery in November, 'n ongekende stap, aangesien dit onwettige Portugese aggressie en besetting verdoem het en plaasgevind het voor algehele beheer en Portugese erkenning. Erkenning word universeel na die Portugese rewolusie van 1974. Die land is tot 1984 deur 'n rewolusionêre raad beheer. Die eerste veelpartyverkiesings is in 1994 gehou, maar 'n weermagopstand in 1998 lei tot die president se ontseteling en die Guinee-Bissauburgeroorlog. Verkiesings is in 2000 gehou en Kumba Yala is verkies.
In September 2003 vind 'n staatsgreep plaas waarin die weermag Yala arresteer omdat "hy nie in staat daartoe was om probleme op te los nie". Nadat dit verskeie kere uitgestel is, word wetgewende verkiesings in April 2004 gehou. 'n Muitery onder militêre faksies in Oktober 2004 lei tot die dood van die hoof van die gewapende magte en veroorsaak landswye onrus.
In Junie 2005 word Presidensiële verkiesings vir die eerste keer gehou sedert die staatsgreep Yala afgeset het. Yala keer terug as 'n kandidaat vir die PRS en maak aanspraak daarop dat hy die regmatige president van die land is, maar die verkiesing word gewen deur voormalige President João Bernardo Vieira, wat in die 1998 afgeset is. Vieira was 'n kandidaat vir een faksie in die PAIGC. Vieira verslaan Malam Bacai Sanha in die tweede rondte, maar Sanha weier aanvanklik om toe te gee en beweer dat die verkiesing onder bedrog gebuk gegaan het in twee kiesafdelings, insluitend die hoofstad Bissau.
Nieteenstaande verslae dat daar 'n invloei van wapens plaasgevind het in die weke wat die verkiesing voorafgegaan het en verslae berig het oor 'n mate van 'ontwrigtings tydens veldtogvoering' – insluitend aanvalle op die Presidensiële Paleis en die Ministerie van Binnelandse sake deur steeds onbekende gewapende mans – bestempel Europese waarnemers die verkiesing as "kalm en georganiseerd".[5]
Politiek
Guinee-Bissau het 'n veelparty Nasionale Volksraad, sowel as 'n president, beide wat deur algemene verkiesings verkies word. Die president stel die eerste minister aan ná konsultasie met die party in die volksraad. Die voormalige president, Kumba Yala, behoort aan die Social Renovation Party of PRS; ander partye in die raad sluit in die Guinea-Bissau Resistance en PAIGC.
Streke
Guinee-Bissau is verdeel in nege streke (regiões):
- Bafata-streek
- Biombo-streek
- Bissau-streek
- Bolama-streek
- Cacheu-streek
- Gabu-streek
- Oio-streek
- Quinara-streek
- Tombali-streek
Geografie
Die klein tropiese landjie lê op 'n lae hoogte bo seespieël; die hoogste punt is 300 meter daarbo. Die binneland is savanne, en die kus is 'n moerasserige vlakte. Die moesonagtige reënseisoen wissel af met tye van warm, droë harmattanwinde wat van die Sahara af waai. Die Bijagos-argipel strek tot in die see.
Ekonomie
Guinee-Bissau is onder die 20 armste lande in die wêreld. Boerdery- en vissery-ekonomie het 'n ernstige knou gekry tydens die 1998–99 burgeroorlog. Die land het buitelandse skuld van $ 921 miljoen en is onderworpe aan 'n IMF strukturele aanpassingsprogram.
Een van Guinee-Bissau se belangrike inkomstebronne is kasjoeneute, waarvan uitvoere 90 000 ton per jaar bedra. In Januarie 2005 kondig die regering aan dat 'n sprinkaanswerm die onmisbare gewas bedreig, en dat die land nie die hulpbronne het om die plaag die hoof te bied nie.
Demografie
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Demografie van Guinee-Bissau.
Die bevolkings van Guinee-Bissau is etnies divers met verskillende tale, gebruike en sosiale strukture. Die mees gesproke taal is Portugees-Kreools (44%); Portugees word deur 14% gepraat. Meeste mense is boere met tradisionele godsdienstige oortuigings (animisme); 45% is Moslems, hoofsaaklik Fula en Mandinkasprekers gekonsentreer in die noorde en noordooste. Ander belangrike groepe is die Balanta en Papel, wat in die suidelike kusgebiede woon, en die Manjaco en Mancanha, in die sentrale en noordelike kusgebiede.
Verwysings
- (en) "Guinea-Bissau". Central Intelligence Agency. Besoek op 10 Augustus 2023.
- (en) "Guinea-Bissau". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 24 Desember 2023.
- (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 24 Desember 2023.
- (en) "Gini index – Guinea-Bissau". Wêreldbank. Besoek op 24 Desember 2023.
- (en) "Army man wins G Bissau election". BBC. 28 Julie 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2019. Besoek op 2 Maart 2020.
Bronnelys
- (en) "Guinea-Bissau". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Desember 2023.
- (en) "Guinea-Bissau". Central Intelligence Agency. Besoek op 24 Desember 2023.
- (en) Richard Andrew Lobban, Jr. and Peter Karibe Mendy, Historical Dictionary of the Republic of Guinea-Bissau, 3rd ed. (Scarecrow Press, 1997) ISBN 0-8108-3226-7 Includes extensive bibliography
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Guinee-Bissau. |
Nuus
- (en) allAfrica – Guinea Bissau nuushooftrekke
Oorsigte
Gidse
- (en) LookSmart – Guinea-Bissau Geargiveer 25 September 2004 op Wayback Machine gidskategorie
- (en) Open Directory Project – Guinea Bissau Geargiveer 29 Junie 2005 op Wayback Machine gidskategorie
- (en) Stanford University – Africa South of the Sahara: Guinea-Bissau gidskategorie
- (en) The Index on Africa – Guinea-Bissau Geargiveer 29 Desember 2008 op Wayback Machine gidskategorie
- (en) University of Pennsylvania – African Studies Center: Guinea-Bissau gidskategorie
- (en) Yahoo! – Guinea-Bissau Geargiveer 15 Januarie 2006 op Wayback Machine gidskategorie
Toerisme
- (en) Toerisme-inligting oor Guinee-Bissau op Wikivoyage