Guillermo del Toro
Guillermo del Toro Gómez (gebore 9 Oktober 1964) is ’n Mexikaans-Amerikaanse regisseur, vervaardiger en skrywer. In sy rolprentloopbaan wissel Del Toro tussen Spaanse donkerfantasiewerke, soos die gotiese rilfliek The Devil's Backbone (2001) en Pan's Labyrinth (2006), en Amerikaanse hoofstroom-aksieflieks soos die superheld-aksieprente Blade II (2002), Hellboy (2004) en Hellboy II: The Golden Army (2008) en die wetenskapsfiksie-monsterprent Pacific Rim (2013).
Guillermo del Toro | |
Del Toro in 2015. | |
Geboortenaam | Guillermo del Toro Gómez[1] |
---|---|
Geboorte | 9 Oktober 1964 Guadalajara, Jalisco, Mexiko |
Beroep(e) | Regisseur, vervaardiger, skrywer |
Aktiewe jare | 1985–tans |
Handtekening | Guillermo del Toro signature.svg |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy jongste fliek, The Shape of Water (2017), is goed ontvang – dit het ’n Goue Leeu op die 74ste Venesiese Rolprentfees gewen asook twee pryse op die 75ste Golden Globe-toekenningsaand, insluitende vir hom as beste regisseur. Dit is die prent wat vanjaar vir die meeste Golden Globes benoem was: altesaam sewe.
Ander werk
Benewens die flieks wat hy regisseer, het hy ook al talle prente vervaardig: onder meer The Orphanage (2007), Julia's Eyes (2010), Biutiful (2010), Kung Fu Panda 2 (2011), Puss in Boots (2011) en Mama (2013). Hy is oorspronklik as regisseur vir die Hobbit-rolprentreeks gekies. Hy het die projek verlaat weens produksieprobleme, maar het steeds erkenning as medeskrywer gekry vir sy bydraes tot die draaiboek.
Del Toro se werk word gewoonlik gekenmerk deur ’n sterk verband tussen feëverhale en rillers, asook ’n poging tot visuele of poëtiese skoonheid.[2] Hy word sy lewe lank al deur monsters betower en beskou hulle as simbole van groot mag.[3] Hy gebruik graag insekagtige en godsdienstige beelde, die temas Katolisisme en die viering van onvolmaaktheid, praktiese spesiale effekte en geelbruin beligting.[4][5]
Hy en twee ander Mexikaanse rolprentvervaardigers, Alfonso Cuarón en Alejandro González Iñárritu, is saam bekend as "Die Drie Amigo's" van die rolprentbedryf.[6]
Pryse en benoemings
Van Del Toro se belangrikste pryse en benoemings is:
Oscars
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
2007 | Pan's Labyrinth | Beste oorspronklike draaiboek | Benoem |
Beste buitelandse rolprent | Benoem |
Baftas
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
2007 | Pan's Labyrinth | Beste oorspronklike draaiboek | Benoem |
Beste rolprent in ’n ander taal as Engels | Gewen | ||
2018 | The Shape of Water | Beste regie | In afwagting |
Beste oorspronklike draaiboek | In afwagting |
Golden Globes
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
2018 | The Shape of Water | Beste regisseur | Gewen |
Beste dramaprent | Benoem | ||
Beste draaiboek | Benoem |
Cannes-rolprentfees
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1993 | Cronos | Mercedes-Benz-prys | Gewen |
2006 | Pan's Labyrinth | Palme d'Or | Benoem |
Filmografie
- Cronos (1993)
- Mimic (1997)
- The Devil's Backbone (2001)
- Blade II (2002)
- Hellboy (2004)
- Pan's Labyrinth (2006)
- Hellboy II: The Golden Army (2008)
- Pacific Rim (2013)
- Crimson Peak (2015)
- The Shape of Water (2017)
Verwysings
- "Guillermo del Toro cumple 48 años en espera de El Hobbit". Informador (in Spaans). 8 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 26 November 2013.
- Gorber, Jason (15 Januarie 2013). "Gorber's Epic Guillermo del Toro Interview, Part 2: On Producing and Building a Canon of Work". twitchfilm.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2013. Besoek op 17 Januarie 2013.
- Guillermo del Toro (22 September 2010). "Monsters Are Living, Breathing Metaphors". bigthink.com (in Engels). Big Think. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2012. Besoek op 17 Januarie 2013.
- "Dissection of Darkness" (PDF). lexpiccione.com (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Augustus 2016. Besoek op 17 Januarie 2013.
- Whitty, Stephen (7 Julie 2013). "Guillermo del Toro on Pacific Rim, monsters, Hollywood and other horrors". nj.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2013.
- Thompson, Anne (24 September 2006). "Three amigos change face of Mexican film". Hollywoodreporter.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
Eksterne skakels
- Guillermo del Toro in die Internet-rolprentdatabasis
- Del Toro Webcast op BAFTA.org Geargiveer 15 September 2008 op Wayback Machine
- Premiere Magazine: Inside Del Toro's Sketchbook
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Guillermo del Toro.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia