Grysknorder

Die Grysknorder (Pomadasys furcatum) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom, noordwaarts vanaf Durban. In Engels staan dit bekend as die Grey grunter.

Grysknorder
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. furcatum

(Bloch & Schneider, 1801)
Binomiale naam
Pomadasys furcatum
(Bloch & Schneider, 1801)
Sinonieme

Pomadasys furcatus

Voorkoms

Die vis word tot 50 cm lank en weeg nie meer as 1 kg nie. Die vis is silwer met 6 - 7 donker strepe op die sye. Die stert en die snoet is kort.

Habitat en gewoontes

Die grysknorder eet klein krappies, garnale en seewurms. Dit verkies vlakker water en leef saam in klein skole op sanderige gedeeltes tussen riwwe. Dit is volop in die St. Luciameer.

Sien ook

Bron

  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.