Grootkol-klipkabeljou
Die grootkol-klipkabeljou (Epinephelus macrospilos) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese-Stille Oseaan gebied en sover oos tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bigspot rockcod.
Grootkol-klipkabeljou | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Epinephelus |
Spesie: | E. macrospilos |
Binomiale naam | |
Epinephelus macrospilos Bleeker, 1855 | |
Identifikasie
Die vis word tot 51 cm lank. Die lyf is kenmerkend bedek met bruin poligonale kolle met wit lyne tussen die kolle. Hierdie kolle is feitlik teenaan mekaar en bedek die kop, lyf en vinne. Die stertvin is bolrond met 'n wit rand. Die vis bly in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 3 tot 45m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers. Hulle word dikwels gesien waar hulle op 'n hoër rots of koraal kop lê wagtend op die regte prooi wat gewoonlik klein vissies en skaaldiere is.
Hierdie vis word dikwels gesien.
Sien ook
Bron
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Verwysings
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.