Grootgrysmuishond

Die grootgrysmuishond (Herpestes ichneumon) is 'n muishond wat aan die suidelike en oostelike kustreke van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom.

Grootgrysmuishond
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Herpestes
Spesie:
H. ichneumon
Binomiale naam
Herpestes ichneumon
Verspreiding
(groen – inheems, rooi – ingevoer)

Voorkoms en habitat

Skets van 'n grootgrysmuishond.
Geraamte

Die dier is gespikkeld grys en die hare is lank en grof terwyl die bene swart is. Hy het 'n verlengde kop en lyf en word tot 100 cm lank. Die mannetjie weeg tot 3.4 kg en die wyfie tot 3.1 kg. Die muishond kom voor in die rante van riviere, damme en vleie.

Gewoontes

Hulle is dag- en naglewend en soek in pare of klein groepies na kos. Twee kleintjies word vroeg in die somer gebore. Hulle eet muise, voëls, reptiele, paddas en insekte terwyl hulle natuurlike vyande leeus, luiperde, luislange en groot roofvoëls is.

Sien ook

Bron

  • Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. ISBN 978 1 875093 46 5. 2009

Verwysings

  1. Herrero, J., Cavallini, P. & Palomares, F. (2008). Herpestes ichneumon. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 22 Maart 2009.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.