Grootbek-skreeubaber
Die Grootbek-skreeubaber (Synodontis macrostoma) is 'n varswater vis wat in die boonste gedeeltes van die Zambezirivier en die Kafuerivier, die Kunenerivier en die Okavangorivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Largemouth squeaker.
Grootbek-skreeubaber | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. macrostoma |
Binomiale naam | |
Synodontis macrostoma | |
Voorkoms
Die vis het 'n lang snoet met 'n groot bek en die stertvin is gevurk. Daar is klein kolletjies op die kop en groot en klein kolle op die lyf. Daar is geen kolle op die onderkant nie. Die vis word tot 92 mm lank.
Habitat
Die vis leef vermoedelik in rotsagtige areas.
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
- uBio (en)
- Cuvier G. 1816. Le Règne Animal distribué d'après son organisation pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Les reptiles, les poissons, les mollusques et les annélides. Edition 1. Règne Animal (ed. 1) v. 2. i-xviii + 1-532.
- BioLib (en)
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.