Groot-Winterhoekberge

Die Groot-Winterhoekberge is 'n bergreeks wat deel is van die Kaapse Plooigordel in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Groot-Winterhoekberge gesien vanaf die dorp Tulbagh in Die Land van Waveren
Groot-Winterhoekpiek, indrukwekkend op 2077 m, bo die noorde van die Breederiviervallei.

Die hoogste punt in die bergreeks is 2077 m hoog en is net noord van Tulbagh en staan bekend as die Groot-Winterhoekpiek. Die Groot-Winterhoek wildernisarea is 30 608 hektaar groot en word deur CapeNature bestuur. Daar is watervalle, swemgate, skoon riviere en bergwildernis in die area.[1]

Sien ook

Verwysings

  1. "Groot Winterhoek Wilderness Area - Cape Nature". CapeNature (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 21 Januarie 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.