Groot Wa

Die Groot Wa (Engels: Plough, Big Dipper) is ’n asterisme wat uit sewe sterre bestaan en van die vroegste tye af as ’n duidelike groep sterre beskou is. Dit is die sewe helderste sterre van die sterrebeeld Groot Beer.

Die Groot Wa op 'n sterrekaart.

Die noordelike poolster, Polaris, kan opgespoor word deur die Groot Wa te gebruik. Polaris is deel van die Klein Beer.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.