Groot-Winterhoekberge (Oos-Kaap)
Die Groot-Winterhoekberge is 'n bergreeks van ongeveer 80 km wat in 'n amper oos-wes rigting strek, net noord vanaf Uitenhage tot waar die Baviaanskloofberge ophou. Die hoogste piek in die berg is Cockscomb (1 768 m).[1] Die Elandsrivier is suid van die berg.
Die berg moet nie verwar word met die Winterberge wat verder noord in die Oos-Kaap lĂȘ nie (noord van die klein dorpies Bedford, Adelaide en Fort Beaufort); daar is ook die Groot-Winterhoekberge noord van Tulbagh in die Wes-Kaap.
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.