Groot-Drakensteinberge
Die Goot-Drakensteinberge in die Boland is wes van die Franschhoekberge en oos van die Banghoek. Franschhoekvallei skei hulle van die Klein-Drakensteinberge en die Franschhoekberge. Banghoekkloof skei die Groot-Drakensteinberge van die Jonkershoekberge. Helshoogtepas gaan oor die nek tussen die Groot-Drakensteinberge en Simonsberg aan die noordwestekant. Die Bergrivierdam lê tussen hierdie berge en die Franschhoekberge.
Die hoogste pieke in die reeks is die Drakensteinpiek (1490 m), Afrikaskop (1152 m), Spitskop (1284 m) en die Hutchinsonpeik (1324 m). Laasgenoemde piek dra die naam van George Hutchinson, ‘n onderwyser op Simondium.
Bibliografie
- Slingsby, Peter: Cape Winelands, the map. Muizenberg: Baardskeerder, 2010. ISBN 978-1-920377-05-2
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.