Groot-Antille
Die eilande van die Karibiese See, wat ook onder die term Wes-Indiese eilande saamgevat word, bestaan uit die Lucayan-argipel (Bahamas en die Turks- en Caicoseilande), die Klein-Antille en die Groot-Antille (Engels: Greater Antilles; Frans: Grandes Antilles; Haïtiaanse Kreools: Gwo Zantiy; Jamaikaanse Patois: Grieta hAntiliiz; Spaans: Antillas Mayores). Die Groot-Antille sluit Kuba, Jamaika, die Kaaimanseilande, Hispaniola met die lande Haïti in die weste en die Dominikaanse Republiek in die ooste, en Puerto Rico in. Die kleiner eilande in die omgewing van die vier groot eilande word soms as deel van dié eilandgroep beskou. Die Groot-Antille bestaan uit kontinentale rots, terwyl die Klein-Antille meestal uit jong vulkaniese rots of koraaleilande bestaan. Die Groot-Antille beslaan meer as 90% van Wes-Indië se oppervlakte en huisves ook meer as 90% van die bevolking.
Groot-Antille Inheemse naam: Greater Antilles, Gwo Zantiy, Grandes Antilles, Grieta hAntiliiz, Antillas Mayores | |
---|---|
Nasa-satellietbeeld van die Groot-Antille | |
Geografie | |
Ligging | Atlantiese Oseaan, Karibiese See |
Koördinate | 21°59′N 79°02′W |
Argipel | Wes-Indië |
Totale eilande | 4 |
Hoofeilande | Hispaniola, Jamaika, Kuba en Puerto Rico |
Oppervlakte | 207 435 vk km |
Administrasie | |
Dominikaanse Republiek
| |
Hoofstad | Santo Domingo |
Grootste stad | Santo Domingo (2 987 013) |
Haïti | |
Hoofstad | Port-au-Prince |
Grootste stad | Port-au-Prince (1 275 000) |
Jamaika | |
Hoofstad | Kingston |
grootste stad | Kingston (651 880) |
Kuba | |
Hoofstad | Havana |
grootste stad | Havana (2 168 255) |
Verenigde State | |
Eilandgebied | Puerto Rico |
Hoofstad | San Juan |
grootste stad | San Juan (434 374)
|
Demografie | |
Bevolking | 35 066 790
|
Die Groot-Antille was vroeër 'n strategies belangrike hawe onderweg na die Amerikas. In die koloniale tydperk, toe die oorheersing van die see 'n land se mag gedefinieer het, was die eilande slagvelde vir verskeie imperiale magte, veral Spanje, Frankryk, Nederland en die Verenigde Koninkryk. Die eilande is aan die begin gekoloniseer vir hul hulpbronne, maar het later as belangrike vasmeerpunte vir skepe op hul reis tussen Europa en die Nuwe Wêreld gedien. Met die opkoms van kommersiële lugrederye het die strategiese waarde van die eilande stadigaan verminder.
Die eilande kan in kontras gebring word met die Klein-Antille.
Lande van die Groot-Antille
Bronne
- (en) Rogonzinski, Jan (2000). A Brief History of the Caribbean. Londen: Penguin. ISBN 978-0-452-28193-6.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot-Antille.
- (en) "Greater Antilles". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Mei 2020.