Konstitusionele Hof van Suid-Afrika
Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika is die hoogste hof oor grondwetlike (of konstitusionele) sake. Dit was oorspronklik slegs vir grondwetlike aangeleenthede bedoel. Sedert die inwerkingtreding van die Wet op Hoër Howe van 2013, het die Konstitusionele Hof jurisdiksie gekry om enige aangeleentheid aan te hoor, mits dit in belang van geregtigheid is om dit te doen.
Die hof is deur die Tussentydse Grondwet van 1993 daargestel. Die eerste sessie het in Februarie 1995 begin.[1] Daarna is dit ingevolge die Grondwet van 1996 voorgesit. Die hof is in die stad Johannesburg geleë, waar dit 'n doelgeboude kompleks op Konstitusie-heuwel in Braamfontein beset. Die eerste hofsitting in die nuwe gebou is in Februarie 2004 gehou.
Die Konstitusionele Hof bestaan uit elf regters. Hierdie regters word deur die President van Suid-Afrika aangestel uit 'n lys wat deur die Regterlike Dienskommissie opgestel word. Die regters van die hof dien vir 'n termyn van twaalf jaar, wat deur die parlement verleng kan word.
Die hof word deur die Hoofregter van Suid-Afrika en sy Adjunk-hoofregter gelei. Die Grondwet vereis dat 'n aangeleentheid voor die hof deur minstens agt regters aangehoor moet word. In die praktyk hoor al elf regters bykans elke saak aan. Besluite word deur 'n meerderheid bereik en skriftelike redes word verskaf.
Huidige regters
Naam | Gebore | Aangestel deur | Ouderdom by aanstelling | Eerste dag/ lengte van diens |
Verpligte aftrede | Opsionele aftrede | Vorige posisies | Opgevolg deur |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Mogoeng Mogoeng (Hoofregter) |
14 Januarie 1961 in Zeerust, Noordwes |
Jacob Zuma | 50 | 1 November 2011 7 jaar, 2 maande |
1 November 2021 | nvt | Noordwes-afdeling | Sandile Ngcobo |
Edwin Cameron |
15 Februarie 1953 in Pretoria, Gauteng |
Kgalema Motlanthe | 55 | 1 Januarie 2009 8 jaar |
1 Januarie 2021 | 15 Februarie 2018 | Gauteng-afdeling Appèlhof |
Tholie Madala |
Johan Froneman | 10 Februarie 1954 in Oos-Londen, Oos-Kaap |
Jacob Zuma | 55 | 1 November 2009 7 jaar, 2 maande |
1 November 2021 | 10 Februarie 2019 | Oos-Kaapse Afdeling | Kate O'Regan |
Chris Jafta | 1 Januarie 1959 in Matatiele, Oos-Kaap |
Jacob Zuma | 50 | 1 November 2009 7 jaar, 2 maande |
1 November 2021 | nvt | Oos-Kaapse Afdeling Appèlhof |
Albie Sachs |
Sisi Khampepe | 8 Januarie 1957 in Soweto, Gauteng |
Jacob Zuma | 52 | 1 November 2009 7 jaar, 2 maande |
1 November 2021 | nvt | Noord-Gautengse Hooggeregshof | Yvonne Mokgoro |
Mbuyiseli Madlanga | 27 Maart 1962 in Mount Frere, Oos-Kaap |
Jacob Zuma | 51 | 1 Augustus 2013 3 jaar, 5 maande |
1 Augustus 2025 | nvt | Oos-Kaapse Hooggeregshof | Zak Yacoob |
Nonkosi Mhlantla | 2 Mei 1964 in Port Elizabeth, Oos-Kaap |
Jacob Zuma | 51 | 1 Desember 2015 1 jaar, 1 maand |
1 Desember 2027 | nvt | Oos-Kaapse Hooggeregshof Appèlhof |
Thembile Skweyiya |
Raymond Zondo | 4 Mei 1960 in Ixopo, KwaZulu-Natal |
Jacob Zuma | 47 | 1 September 2012 4 jaar, 4 maande |
1 September 2024 | nvt | Arbeidshof Noord-Gautengse Hooggeregshof |
Pius Langa |
As gevolg van die aftrede van regter Johann van der Westhuizen in Januarie 2016, was daar 'n vakante pos op die hof wat die Regsdienskommissie gesukkel het om te vul as gevolg van die klein aantal aansoekers.[2][3]
Verwysings
- http://www.constitutionalcourt.org.za/text/judges/current/justicebessnkabinde/1.html
- Rabkin, Franny. "Call goes out for Constitutional Court judge". Business Day Live (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 April 2016.
- Rabkin, Franny. "LAW MATTERS: Lack of enthusiasm for Constitutional Court a worry". Business Day Live (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 April 2016.
Eksterne skakels
- (en) Amptelike webwerf
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.