Groenrugreier
Die groenrugreier (Butorides striata) is 'n algemene standvoël.
Groenrugreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Butorides |
Spesie: | B. striata |
Binomiale naam | |
Butorides striata | |
Identifikasie
Soos die naam van die groenrugreier dui, het die voël 'n rugkant wat grysgroen voorkom. Sy vere het roomkleurige rande. Die kante van sy nek en sy flanke is grys en hy het 'n swart mus. As hy opvlieg, is sy geel pote opvallend. Jonge voëls word aan hul donker rugkante en wit kolle op die gevoude vlerke uitgeken. Die algemene lengte van 'n volwasse groenrugreier is 41 cm.
Habitat
Dit is 'n algemene klein reiertjie wat een-een by dig-beboste riviere, groot damme, panne en riviermondings of strandmere met wortelbome voorkom. Daglewend; jag al langs die oewer of van 'n lae tak of dooie boom wat in die water staan. Vlieg in 'n boom in as hy opgejaag word.
Verspreiding
Kom voor in groot dele van die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Namibië en Botswana en oor die hele Mpumalanga Noord-Wes, Mpumalanga, Limpopo, Mosambiek en Zimbabwe.
Dieet
Groenrugreiers eet meestal klein visse en skaaldiere (veral krappe), asook ander waterbewoners, insekte en enige ander eetbare happies, insluitende klein soogdiere.
Sien ook
Bronnelys
- Newman se Voëls van Suider-Afrika. ISBN 1868729826.
- Inskrywing van die groenrugreier Geargiveer 17 Maart 2016 op Wayback Machine by die webwerf van die Sungei Buloh Natuurreservaat.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groenrugreier.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Groenrugreier