Groenpunt
Groenpunt (Engels: Green Point) is 'n voorstad in Kaapstad, Suid-Afrika, geleë in die noordweste van die sentrale sakegebied. Dit is 'n gewilde woonbuurt vir jong professionele mense en vir die Kaapstadse gay en lesbiese gemeenskap. In die afgelope paar jaar is heelwat nuwe mediumhoogte woonstelle en gemengde-gebruik ontwikkelings opgerig. Somersetweg vorm die hoofdeurroete, omring deur talle restaurante, koffiewinkels en nagklubs.
Groenpunt Green Point | |
---|---|
Voorstad | |
Groenpunt | |
Koördinate: 33°54′S 18°24′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,01 km2 (0,78 vk. myl) |
Hoogte | 6 m (20 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 362 |
• Digtheid | 2 700/km2 (7 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | Busse: 8005 Strate: 8051 |
Skakelkodes | 021 |
Volgens die 2011-sensus het Groenpunt 'n inwonertal van 5 362 gehad.[1]
Verwysings
- Groenpunt 2011-sensus
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.