Groendoring
Die Groendoring (Balanites maughamii) is 'n beskermde boom in Suid-Afrika en die grootste in sy genus.[1][2][3] Die spesie in inheems in Caprivistrook in Namibië, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika is die boom inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.
Groendoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Zygophyllales |
Familie: | Zygophyllaceae |
Genus: | Balanites |
Spesie: | B. maughamii |
Binomiale naam | |
Balanites maughamii Sprague, (1913) | |
Die boom groei in bosveld- en droë woudareas in warm, laagliggende gebiede noord van Durban tot in Beira, in die binneland in Limpopo en die suide van Zimbabwe asook die Zambeziriviervallei. Die boom staan in Zoeloe bekend as Ugobandlovu en in Engels, Torchwood.
Groendoring, 'n gemeenskap net buite Asab in die suide van Namibië is na die boom vernoem.[4]
Bronne
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
- Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 101. ISBN 978-1-77007-759-1.
- "Protected Trees" (PDF). Department of Water Affairs and Forestry, Republic of South Africa. 3 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Julie 2010. Besoek op 3 Desember 2013.
- "GRIN Species Records of Balanites". Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. Besoek op 12 Oktober 2010.
- Tjituka, Martin (30 April 2013). "Groendoring struggles to keep up with Eger legacy". The Namibian.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.