Groen-jobvis

Die Groen-jobvis (Aprion virescens) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Golf van Aden tot by Oos-Londen. Dit was al gevind by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Green jobfish terwyl dit ook as Kaalkop bekend staan in Afrikaans.

Groen-jobvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Aprion

Spesie:
A. virescens
Binomiale naam
Aprion virescens
(Valenciennes, 1830)[2]
Sinonieme

Voorkoms

Die kop en lyf is donker groen of blou aan die bokant terwyl die sye helder blouerig pers is. Die middelste dele van die dorsalevin se basis is swart. Die stertvin is gevurk en die pektorale vinne is kort. Daar is 'n groef op die snoet onder die neusgate. Die vis word tot 1.1 m lank en weeg tot 16 kg.

Habitat

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 20-180+ m diep is. Hulle vreet vis, krappe, soöplankton en garnale en is gewoonlik alleenlopers maar kom soms saam voor in groepe van 4-6 visse. Die vis is gewild onder die skubaduikers. Die IGFA hengelrekord is 15.4 kg en gevang naby Kaap Vidal. Die vis is 'n goeie eetvis maar het ook al ciguatera vergiftiging veroorsaak.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Verwysings

  1. Cuvier G. & Valenciennes A., 1830. Historie naturelle des poissons. Tome Sixième. Livre sixième. Partie I. Des Sparoïdes; Partie II. Des Ménides. Hist. Nat. Poiss. v. 6. i-xxiv + 6 pp. + 1-559. Pls. 141-169.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life[dooie skakel] (en)

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.