Groefby
Groefbye (Halictidae) is die tweede-grootste familie van bye[1] (klade Anthophila) met amper 4,500 spesies.[2] Halictid spesies is 'n uiters uiteenlopende groep wat baie in voorkoms kan verskil. Die byfamilie bestaan uit klein (> 4 mm) tot mediumgrootte (> 8 mm) bye. Groefbye het gewoonlik 'n donker kleur en dikwels 'n metaalglans. Verskeie spesies is volkome of deels groen, en sommige is rooi. 'n Aantal het geel merke, veral die mannetjies wat gewoonlik geel gesigte het – 'n kenmerk wat by verskeie byfamilies voorkom.
Groefby | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Arthropoda |
Klas: | Insecta |
Orde: | Vliesvlerkiges |
Klade: | Anthophila |
Familie: | Halictidae Thomson, 1869, nom. protect. |
Subfamilies | |
|
Groefbye word dikwels deur sweet gelok.[3]
Verwysings
- Danforth, Bryan N.; Cardinal, Sophie; Praz, Christophe; Almeida, Eduardo A.B.; Michez, Denis (2013). "The Impact of Molecular Data on Our Understanding of Bee Phylogeny and Evolution". Annual Review of Entomology. 58 (1): 57–78. doi:10.1146/annurev-ento-120811-153633. ISSN 0066-4170. PMID 22934982.
- "Bee Diversity". Museum of the Earth (in Engels (VSA)). Besoek op 6 Desember 2021.
- "Sweat Bees". Missouri Department of Conservation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.