Silwereik
Die silwereik (Grevillea robusta) is 'n indringerplant en groot immergroen boom wat tot 30 m hoog kan word. Dit is inheems in die ooste van Australië. Die boom het 'n reguit stam, die takke is dikwels kaal met 'n slordige voorkoms. Dit staan ook bekend as die Australiese silwereik. Die saamgestelde blare is varingagtig, grysgroen aan die bokant en silwerig aan die onderkant. Die blomme is goudgeel en kom in trosse voor; dit is die opvallendste in die vroeë somer. Die vrug is 'n harde houtagtige kapsule. Die boom groei vinnig en word in parke en tuine aangeplant.
Silwereik | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Grevillea |
Spesie: | G. robusta |
Binomiale naam | |
Grevillea robusta A.Cunn. ex R.Br. | |
Bron
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Silwereik.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Silwereik
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.