Grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek

Die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek van 496 kilometer (308 myl)[1] word in twee segmente verdeel, slegs onderbreek deur die koninkryk Eswatini. Die noordelike segment, wat 410 kilometer (255 myl) lank is,[2] strek noord-suid langs die Lebomboberge vanaf Zimbabwe (insluitend die hele oostegrens van die Krugerwildtuin) tot by Eswatini. Die suidelike segment, wat 81 kilometer (50 myl) lank is,[2] loop oos-wes deur Maputaland van Eswatini tot aan die Indiese Oseaan.

Die grens tussen Suid-Afrika (oranje) en Mosambiek (groen)
Grenspos by Kosibaai
Grenspos by Giriyondo in die Krugerwildtuin
Pafuri-grenspos, Suid-Afrikaanse kant

Grensposte

Hieronder is 'n lys van grensposte tussen Suid-Afrika en Mosambiek.[3][4]

GrensposUre oopProvinsieBuurland
Giriyondo08:00–16:00Limpopo(slegs vir toeriste)
Kosibaai08:00–17:00KwaZulu-NatalMosambiek
Lebombo24 uur per dagMpumalangaMosambiek
Pafuri08:00–16:00LimpopoMosambiek

Verwysings

  1. Central Intelligence Agency (2 April 2018). "South Africa" (in Engels). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 14 April 2018.
  2. (en) Mozambique–South Africa Boundary (Report). International Boundary Study No. 133. United States Department of State. 16 April 1973. Archived from the original on 3 Mei 2012. https://web.archive.org/web/20120503142021/http://www.law.fsu.edu/library/collection/LimitsinSeas/IBS133.pdf. Besoek op 27 April 2013.
  3. (af) Die Suid-Afrikaanse Gids – feite en wenke. 2009. Isabel Uys. ISBN 978-1-86919-324-9
  4. (en) "South African Ports of Entry". Departement van Binnelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2015. Besoek op 14 April 2018.
Grense van Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika

NamibiëBotswanaZimbabweMosambiekEswatiniLesotho

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.