Grens tussen Suid-Afrika en Botswana
Die Grens tussen Suid-Afrika en Botswana is 1 969 kilometer (1 223 myl) lank.[1] Die grens volg vir meer as 90% natuurlike riviere, insluitend die Nossob-, Molopo-, Marico- en Limpoporiviere.[2]
Die westelike eindpunt van die grens is by die driepunt met Namibië, geleë waar die Nossobrivier die 20 oosterlengtegraad kruis. Van hierdie punt loop die grens suidoos langs die Nossobrivier tot by sy samevloeiing met die Moloporivier; in hierdie wêreld loop die grens deur die Kgalagadi-vredespark. Van die samevloeiing van die riviere loop dit algemeen ooswaarts langs die Moloporivier so ver as die Ramatlabamaspruit, en dan van die spruit so ver as die swembad by Ramatlabama.[2][3]
Van Ramatlabama draai die grens noordwaarts en maak 'n reeks reguitlyne deur bakens op Matlhase, Sebataole, Schaapkuil en Pytlanganyane by Sengoma op die Ngotwanerivier. Dan volg dit die Ngotwane verby Ramotswa tot by sy samevloeiing met die Metsemaswaane-stroom. Die grens draai ooswaarts langs 'n reeks reguitlyne wat bakens op die Moshweuheuwels, Wildebeeskop en die Sikwaneheuwels te Derdepoort op die Maricorivier verbind. Dit volg dan die Maricorivier by sy samevloeiing met die Krokodilrivier. Die Marico- en die Krokodilrivier vloei saam om die Limpoporivier te vorm, en die grens loop langs die Limpopo tot by sy samevloeiing met die Shasherivier, wat die driepunt met Zimbabwe vorm.[2][3]
Grensposte
Hier is 'n lys van grensposte tussen Suid-Afrika en Botswana.[4][5]
Suid-Afrika | Botswana | Ure oop | Provinsie | Koördinate |
---|---|---|---|---|
Bray | Bray | 07:00–16:00 | Noordwes | 25.4566°S 23.7141°O |
Derdepoort | Sikwane | 06:00–19:00 | Noordwes | 24.6426°S 26.4035°O |
Groblersbrug | Martinsdrif | 08:00–22:00 | Limpopo | 22.9981°S 27.9419°O |
Kopfontein | Tlokweng | 06:00–00:00 | Noordwes | 24.7064°S 26.0939°O |
Makopong | Makopong | 08:00–16:00 | Noordwes | 25.3653°S 22.9747°O |
McCarthysrus | McCarthysrus | 06:00–18:00 | Noord-Kaap | 26.2015°S 22.5679°O |
Middelputs | Middlepits | 07:30–16:00 | Noord-Kaap | 26.6705°S 21.8826°O |
Platjan | Platjan | 06:00–18:00 | Limpopo | 22.4855°S 28.8337°O |
Pontdrif | Pontdrif | 08:00–16:00 | Limpopo | 22.2148°S 29.1382°O |
Ramatlabama | Ramatlabama | 06:00–22:00 | Noordwes | 25.6419°S 25.5742°O |
Skilpadshek | Pioneer Gate | 06:00–00:00 | Noordwes | 25.2756°S 25.7138°O |
Stockpoort | Parr se Halte | 05:00–18:00 | Limpopo | 23.4027°S 27.3567°O |
Swartkopfontein | Ramotswa | 06:00–22:00 | Noordwes | 24.8725°S 25.8826°O |
Tweerivieren | Tweerivieren | 07:30–16:00 | Noord-Kaap | 26.4701°S 20.6156°O |
Zanzibar | Zanzibar | 08:00–16:00 | Limpopo | 22.5719°S 28.4663°O |
Verwysings
- Central Intelligence Agency (2 April 2018). "South Africa" (in Engels). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 14 April 2018.
- (en) Brownlie, Ian (1979). "Botswana–South Africa". African Boundaries: A Legal and Diplomatic Encyclopaedia. London: C. Hurst & Co. pp. 1091–1097. ISBN 0-903983-87-7.
- (en) Botswana–South Africa Boundary (Report). International Boundary Study No. 122. United States Department of State. 12 Mei 1972. Archived from the original on 19 September 2012. https://web.archive.org/web/20120919144100/http://www.law.fsu.edu/library/collection/LimitsinSeas/IBS122.pdf. Besoek op 25 April 2013.
- (af) Die Suid-Afrikaanse Gids – feite en wenke. 2009. Isabel Uys. ISBN 978-1-86919-324-9
- (en) "South African Ports of Entry". Departement van Binnelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2015. Besoek op 14 April 2018.
Grense van Suid-Afrika | |||
---|---|---|---|
Namibië • Botswana • Zimbabwe • Mosambiek • Eswatini • Lesotho |