Greg Minnaar

Greg Minnaar (*13 November 1981, Pietermaritzburg), is ’n Suid-Afrikaanse veldwedren-ryer. Hy het sy naam in die rekordboeke verewig nadat hy die 2003 Wêreldkampioenskap gewen het. Hy was driekeer die kampioen in die berg-af wêreldbekerreeks (in 2001, 2005 en 2008).

Greg Minnaar tydens die Val d'Isère (2012 Wêreldbeker, 6de rondte)

Tydens die 2012 Wêreldkampioenskap wen Greg die wêreldtitel vir die tweede keer in Leogang, Oostenryk. Hy wen sy derde wêreldkampioenskap in 2013 in sy tuisdorp, Pietermaritzburg.

Op 7 Junie 2015 wen Minnaar sy 17de wêreldbekerbyeenkoms en ewenaar die rekord van 17. Later wen hy die byeenkoms te Lenzerheide, Switserland en maak die rekord sy eie. Op 6 September 2015 wen hy die silwermedalje by die wêreldkampioenskap te Vallnord, Andorra.

Op 29 Augustus 2021 wen Minnaar sy vierde wêreldtitel in Val di Sole, Italië.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.