Greenside

Greenside is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Greenside was aanvanklik 'n plaas van die welgestelde broers Geldenhuys, onder wie Lourens Geldenhuys. Die naam "Greenside" is van Skotse etimologie en verwys na die aangrensende Parkview-gholfbaan. Die meeste strate in Greenside is genoem na gholfbane of beroepsgholfspelers.

Greenside
Greenside is in Greater Johannesburg
Greenside
Greenside
Koördinate: 26°9′25″S 28°0′50″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
Metropolitaanse MunisipaliteitStad Johannesburg
Oppervlak
  Totaal2,75 km2 (1,06 vk. myl)
Bevolking
  Totaal4 889
  Digtheid1 800/km2 (5 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
2193 (straat)
2034 (busse)
Skakelkodes011
Op dié Johannesburgse straatkaart van 1929 was die gebied waarop Emmarentia en Greenside uitgelê sou word, nog 'n oop gedeelte van die plaas Braamfontein. "Laurensstraat" (waarskynlik Lourens na aanleiding van Lourens Geldenhuys) is later herdoop tot Barry Hertzoglaan. Emmarentia is wes van dié pad uitgelê en Greenside oos.

Verwysings

  1. Subplek Greenside tydens die 2011-sensus.


Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.