Gray's Anatomy
Gray's Anatomy is ’n Engelse handboek oor die menslike anatomie wat oorspronklik deur Henry Gray geskryf en deur Henry Vandyke Carter geïllustreer is. Vorige uitgawes is Anatomy: Descriptive and Surgical, Anatomy of the Human Body en Gray's Anatomy: Descriptive and Applied genoem, maar die boek se naam word gewoonlik afgekort. Dit het in 1858 die eerste keer verskyn en vanaf 1887 ook in kleur.
![](../I/Gray188.png.webp)
’n Afbeelding van die skedel in Gray's Anatomy.
Die boek word algemeen beskou as ’n uiters gesaghebbende werk oor die onderwerp en word steeds hersien en herdruk. Die laaste uitgawe, die 41ste een, het in September 2015 verskyn.
Eksterne skakels
- (en) Gray's Anatomy op Bartleby.com
- (en) Geskiedkundige inleiding Geargiveer 12 Februarie 2017 op Wayback Machine
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gray's Anatomy.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.