Grasveldboomvaring

Die grasveldboomvaring (Alsophila dregei) is 'n boomvaring in die genus Alsophila, een van slegs twee spesies in Suid-Afrika. Die boom word 3 tot 5 m hoog en die blare 2 tot 3 m lank. Die plant groei op die rande van immergroen woude en kom voor vanaf Knysna ooswaarts deur KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot in Limpopo. Die blaartjies se rande is nie fyn getand nie en geen aflebieƫ is aanwesig nie. Daar is verskeie sori met wollerige hare op elke blaartjielob.

Grasveldboomvaring
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klas: Polypodiopsida
Orde: Cyatheales
Familie: Cyatheaceae
Genus: Alsophila
Spesie:
A. dregei
Binomiale naam
Alsophila dregei
Kunze, 1836
Sinonieme
  • Cyathea dregei Kunze

Die boom se FSA-nommer is 1.[1]

Die plant het drie subspesies:[2]

  • Alsophila dregei var. dregei
  • Alsophila dregei var. polyphlebia (Baker) Benl
  • Alsophila dregei var. segregata (Baker) Benl

Galery

Verwysings

Bronne

  • Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
  • Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013. ISBN 978-1-77007-832-1

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.