Graskop

Graskop is 'n dorp in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Sabie is 25km suid van Graskop.

Graskop
Winkels in die hoofstraat van Graskop.
Winkels in die hoofstraat van Graskop.
Graskop is in Mpumalanga
Graskop
Graskop
 Graskop se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 24°55′54″S 30°50′30″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitThaba Chweu
Stigting1880
Oppervlak
  Totaal35,01 km2 (13,52 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal3 996
  Digtheid114/km2 (300/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense22.9%
  Indiërs/Asiërs0.9%
  Bruin mense13.0%
  Swart mense61.2%
  Ander2.0%
Taal (2011)
  Afrikaans 29.4%
  Noord-Sotho 22.0%
  Sotho 14.8%
  Engels 10.9%
  Ander 22.8%
Poskode (strate)
1270
Poskode (posbusse)
1270
Skakelkode013
Webwerfhttp://www.graskop.co.za

Geskiedenis

Die dorpie het in 1880 as 'n goudmynkamp ontstaan het, maar het intussen tot 'n beduidende sentrum van die bosbedryf ontwikkel. Daar is heelwat plantasies en ook saagmeulens in die omgewing. Die delwerye was op die plaas Graskop van Abel Erasmus. Vandag is al die goudmyne gesluit.

Omgewing

Graskop is op die Drakensberg-platorand geleë en staan ook bekend as die "rand van die Laeveld". Die dorp is deel van die Panoramaroete. Danksy sy ligging van sowat 1 400 meter bo seevlak het Graskop 'n gematigde klimaat met baie reënval, terwyl daar gedurende die somermaande ook dikwels mis voorkom.

Sien ook

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.

Verwysings

  1. "Hoofplek Graskop". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.