Graf van die Onbekende Soldaat

'n Graf van die Onbekende Soldaat is 'n monument wat gebou is om die stoflike oorskot van een of meer ongeïdentifiseerde soldate te begrawe. Vanaf die 19de eeu is sulke monumente in verskeie lande opgerig. Hierdie soldate word 'n simbool vir die talle geïdentifiseerde en ongeïdentifiseerde soldate wat tydens 'n oorlog omkom. 'n Jaarlikse herdenking word soms by hierdie grafte gehou.

Landsoldate (1858)

Die oudste monument van sy soort is vermoedelik die van die Landsoldate (beeldhouer Herman Wilhelm Bissen), wat in 1858 in Frederica, Denemarke opgerig is. Die monument herdenk die gesneuweldes tydens die Eerste Duits-Deense Oorlog. 'n Meer onlangse voorbeeld is 'n monument wat in 2004 in Wellington, Nieu-Seeland opgesit is.

Ná die Eerste Wêreldoorlog het verskillende lande sulke monumente opgerig. Op 11 November 1920 is die Tomb of the Unknown Warrior in Londen en die Tombe du Soldat Inconnu in Parys ingewy. In Frankryk word 'n ewige vlam in 1923 by die graf gevoeg. Dit is later ook op ander plekke, soos in Brussel, gedoen.

Voorbeelde

Land Plek Jaar Foto
Vlag van Griekeland GriekelandAthene1930
Vlag van België BelgiëBrussel1922
Vlag van Engeland EngelandWestminster Abbey, Londen1920
Vlag van Frankryk FrankrykParys1921
Vlag van Italië ItaliëRome1921
Vlag van Nederland NederlandOude Sint-Willibrorduskerk, Waalre1945
Vlag van Pole PoleWarschau1925
Vlag van Portugal PortugalKlooster van Batalha1921
Vlag van Zimbabwe ZimbabweHarare1982

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.