Graafwater
Graafwater is 'n dorp in die Wes-Kaap in Suid-Afrika, 30 km wes van Clanwilliam. Die dorp is in die Sandveld geleë en die R364-streekroete gaan deur die dorp.
Graafwater | |
---|---|
Dorpie | |
Graafwater Graafwater se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 32°9′S 18°36′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Cederberg |
Stigting | 1920 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,88 km2 (0,73 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 261 |
• Digtheid | 1 203/km2 (3 120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 83.1% |
• Swart mense | 2.3% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 97.4% |
• Engels | 1.2% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 8120 |
Poskode (posbusse) | 8120 |
Skakelkode | 027 |
Geskiedenis
Die spoorlyn van Kaapstad noord na Bitterfontein het hierdie gebied in 1910 bereik. Die dorp is in 1920 gestig en het in 1957 'n onafhanklike gemeente van die NG Kerk geword. Die naam is moontlik afgelei van die gewoonte om in die droë rivierbedding vir water te grawe.
Distrik
Die dorpie is vandag 'n belangrike handelsentrum vir die gebied tussen Clanwilliam en Lambertsbaai. Die Heerenlogement is 25 km noord van Graafwater.
Wapen
Graafwater se dorpsraad het in 1998 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In rooi, 'n goue deurlopende ingeboe punt belaai met 'n rooi toring, tussen regs, 'n vlies en links 'n koringgerf, albei goud Die helmteken was 'n graaf en 'n heraldiese fontein, en die wapenspreuk "Semper crescendo".[2]
Sien ook
Verwysings
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.