Goukourivier
Die Goukourivier (voorheen bekend as die Kafferskuilrivier maar in 1998 hernoem), is 'n rivier in die tuinroete aan die Kaapse Suidkus. Die rivier mond in die see uit, en deel sodoende die kusdorpie Stilbaai in twee dele.
Goukourivier | |
---|---|
Oorsprong | Langeberge, Wes-Kaapprovinsie |
Monding | Stilbaai, Indiese Oseaan |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Die rivier is in 1998 vernoem na Goukou, 'n voorman van die Hessekwa Khoikhoi. Sy domein het gestrek vanaf die Botrivier tot die Gouritzrivier.
Eksterne skakels
- (en) Ecological state of the Goukou and Duiwenhoks Rivers Geargiveer 27 Mei 2006 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.