Goue Leeu
Die Goue Leeu (Italiaans: Leone d'Oro) is die hoogste prys wat op die Venesiese Rolprentfees aan ’n rolprent toegeken kan word.
- Hierdie artikel handel oor die Venesiese rolprentprys. Vir ’n artikel oor die Suid-Afrikaanse rugbyspan, sien Goue Leeus.
![]() | ||
![]() | ||
Oshri Cohen in 2009 met die Goue Leeu. | ||
Toegeken vir | Uitmuntendheid in die rolprentbedryf | |
Borg | Venesiese Rolprentfees | |
Land | ![]() | |
Datum | Jaarliks einde Augustus tot begin September | |
Eerste toekenning | 1949 | |
Webtuiste | labiennale.org |
Geskiedenis
Dit is in 1949 ingestel en word nou beskou as een van die rolprentbedryf se grootste pryse. In 1970 is ’n tweede Goue Leeu ingestel: ’n eerbewys vir mense wat ’n besonderse bydrae tot die bedryf gemaak het. Die prys verteenwoordig die goue leeu op die vlag van die Venesiese Republiek.[1]
Voorheen was die rolprentfees se hoogste prys die Groot Internasionale Prys van Venesië (Gran Premio Internazionale di Venezia); dit is in 1947 en 1948 toegeken. Voor 1942 was die hoogste prys die Mussolini-beker vir die beste Italiaanse en buitelandse rolprent.
Sien ook
- Goue Beer, die hoogste prys wat by die Berlinale toegeken word.
- Palme d'Or, die hoogste prys wat by die Cannes-rolprentfees toegeken word.
Verwysings
- "Biennale Cinema History of the Venice Film Festival: The Forties and Fifties" (in Engels). La Biennale di Venezia. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2016. Besoek op 28 Mei 2008.
Eksterne skakels
- Amptelike webtuiste: www.labiennale.org
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Goue Leeu.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.