Goudkoester

Die goudkoester (Tmetothylacus tenellus) is 'n voël en swerwer uit Oos-Afrika na oop, droë boomveld en savanne. Die voël is minder as 10 keer in Suid-Afrika opgeteken. Almal was mannetjies en dit was elke keer in die somer gewees. Die voël is 15 cm groot en weeg 20 gram. In Engels staan die voël bekend as die Golden pipit.

Goudkoester
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Tmetothylacus

Cabanis, 1879
Spesie:
T. tenellus
Binomiale naam
Tmetothylacus tenellus
(Cabanis, 1878)

Die voël is die enigste spesie wat aan die genus Tmetothylacus behoort. Al die ander koesters behoort aan die genus Anthus, wat ook onder die familie Motacillidae en die orde van sangvoëls ressorteer.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). "Tmetothylacus tenellus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.