Goodhouse

Goodhouse is 'n plekkie in Namakwaland, provinsie Noord-Kaap, met 'n landingstrook, op die suidelike oewer van die Oranjerivier, 60 km suidwes van Warmbad, Namibië en 60 km oos-suidoos van Vioolsdrif. Die naam is 'n volksetimologiese aanpassing van die Nama-woord Gudaos, "skaapdrif", omdat die Namas volgens oorlewering hier die rivier oorgesteek het wanneer hulle met hulle vee van Klein na Groot Namakwaland getrek het. Dit is veral bekend om die ondraaglike hoë temperature wat hier aangeteken word.

Goodhouse
Dorpie
Fjord by Goodhouse
Fjord by Goodhouse
Goodhouse is in Noord-Kaap
Goodhouse
Goodhouse
 Goodhouse se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°54′0″S 18°15′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitNama Khoi
Oppervlak
  Totaal0,30 km2 (0,12 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal171
  Digtheid570/km2 (1 500/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Bruin mense98.8%
  Swart mense0.6%
  Ander0.6%
Taal (2011)
  Afrikaans 96.5%
  Engels 2.9%
  Ander 0.6%

Ekonomie

Landbou is die hoofbron van inkomste in die gebied, wat besproeiing noodsaaklik maak. 'n Waterpompstasie by die Oranjerivier voorsien Goodhouse en die dorpies in die omgewing van water. In die nabygeleë Kooriviervallei word veral dadels verbou.

Bilbliografie

  • Green, Douglas G.: To the river's end. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Goodhouse". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.