Golf van Guinee
Die Golf van Guinee (Engels: Gulf of Guinea, Frans: Golfe de Guinée, Portugees: Golfo da Guiné, Spaans: Golfo de Guinea) is 'n golf van die Atlantiese Oseaan in die hoek van Sentraal-Afrika, wat deur die kus van Wes-Afrika in die noorde en ooste begrens word. In die golf is die eilandnasie São Tomé en Príncipe en die eilande Annobón en Bioko van Ekwatoriaal-Guinee geleë, wat soos die Kameroenberg van vulkaniese oorsprong is.
Golf van Guinee | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Golf van Guinee | |
Kaart van die Golf van Guinee | |
Koördinate: | 00°N 00°W |
Ligging: | Benin, Ekwatoriaal-Guinee, Gaboen, Ghana, Ivoorkus, Kameroen, Liberië, Nigerië, São Tomé en Príncipe, Togo |
Soort: | See van die Atlantiese Oseaan |
Maksimum diepte: | 6 363 m |
Invloei: | Niger, Volta |
Nedersettings: | Accra, Douala, Lagos, Libreville, Lomé, Malabo |
Die Golf van Guinee grens in die noorde aan Liberië, Ivoorkus, Ghana, Togo, Benin en Nigerië en in die ooste aan Kameroen, Ekwatoriaal-Guinee en Gaboen. In die noorde lê die Baai van Benin en in die weste die Baai van Bonny (voorheen: Baai van Biafra).
Die belangrikste rivier wat in die Golf van Guinee vloei is die Niger en die Volta.
In die Golf van Guinee kruis die ewenaar die Greenwich-meridiaan.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Golf van Guinee.