Gliese 676
Gliese 676 is ’n dubbelster met ’n skynbare magnitude van 9,59 sowat 54 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Altaar. Dit bestaan uit twee rooidwerge wat sowat 800 AE van mekaar af is en ’n wentelperiode van meer as 20 000 jaar het.[4] ’n Gasreus is in 2009 in ’n wentelbaan om die primêre ster ontdek en is in 2011 aangekondig. Daar was ook ’n sterk aanduiding van ’n metgesel; die tweede ster is in 2012 ontdek saam met twee veel kleiner planete.
Gliese 676 A/B | ||||
Sterrebeeld | Altaar | |||
Spektraaltipe | M0V[1]/M3V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 30m 11.20s[2] | |||
Deklinasie | –51° 38′ 13.1″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 9,59 | |||
Absolute magnitude (M) | 8,55 | |||
B-V-kleurindeks | 1,46 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,71±0,04[3][4]/0,29[3] | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,082[3] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,23±0,10[3] | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | Dubbelster | |||
Ander name | ||||
CD–51°10924, HIP 85647, LTT 6947/6948, NLTT 44859, NSV 8846 | ||||
|
Planeetstelsel
Die eerste planeet (b), wat in Oktober 2009 ontdek is, is ’n super-Jupiter. Die ontdekking is amptelik in 2011 aangekondig,[3] asook die eerste erkenning van ’n neiging wat nie aan die metgeselster toegeskryf kon word nie. Dit het gedui op die teenwoordigheid van nog planete, maar niks verder was toe bekend nie.[3]
Ná ontledings in 2012 is planeet b bevestig en planeet c gekarakteriseer. Nog twee planete, een van minstens 11 aardmassas en ’n ander van minstens 4,5 aardmassas (’n superaarde), is ook ontdek.
Die stelsel hou die rekord vir die grootste variasie in die massa van sy planete[4] en toon ’n hiërargie wat met die Sonnestelsel s’n ooreenstem, met die gasreuse ver van die ster af en die kleiner planete veel nader.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
d | ≥ 4,4±0,7 M⊕ | 0,0413±0,0014 | 3,6000±0,0008 | 0,15±0,09 | — | — |
e | ≥ 11,5±1,5 M⊕ | 0,187±0,007 | 35,37±0,07 | 0,24±0,12 | — | — |
b | ≥ 6,7 MJ | 1,80±0,07 | 1 052 | 0,328±0,004 | — | — |
c | 6,8 MJ | 5,2 | 7 340 | 0,2 | — | — |
Verwysings
- Suárez Mascareño, A. et al. (September 2015), "Rotation periods of late-type dwarf stars from time series high-resolution spectroscopy of chromospheric indicators", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 452 (3): 2745–2756, doi:10.1093/mnras/stv1441, Bibcode: 2015MNRAS.452.2745S.
- van Leeuwen, F. (2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357. Vizier catalog entry
- Forveille, T.; et al. (2011). "The HARPS search for southern extrasolar planets XXVI. Two giant planets around M0 dwarfs". Astronomy and Astrophysics. 526. A141. arXiv:1012.1168. Bibcode:2011A&A...526A.141F. doi:10.1051/0004-6361/201016034.
- Anglada-Escudé, Guillem; Tuomi, Mikko (2012). "A planetary system with gas giants and super-Earths around the nearby M dwarf GJ 676A. Optimizing data analysis techniques for the detection of multi-planetary systems" (PDF). Astronomy. 548: A58. arXiv:1206.7118. Bibcode:2012A&A...548A..58A. doi:10.1051/0004-6361/201219910.[dooie skakel]
Eksterne skakels
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia