Gliese 667 Cc

Gliese 667 Cc is ’n bewoonbare eksoplaneet na aanleiding van sy afstand van sy ster, wat lei tot temperature waarby vloeibare water op die oppervlak kan bestaan. Die ster, Gliese 667 C, is lid van Gliese 667, ’n driedubbele sterstelsel. Die ster is sowat 22,7 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Skerpioen.

Gliese 667 Cc
Eksoplaneet
’n Kunstenaarsvoorstelling van die uitsig van eksoplaneet Gliese 667 Cc af.
’n Kunstenaarsvoorstelling van die uitsig van eksoplaneet Gliese 667 Cc af.
Soort planeetSuperaarde
MoedersterGliese 667 C
Ster se eienskappe
SterrebeeldSkerpioen
Regte klimming17h 18m 57.16483s
Deklinasie-34° 59 23.1416
Skynmagnitude (m)11,03
Afstand (ligjaar)22,7
Metaalinhoud−0,59 ± 0,10
Ouderdom2-10 miljard jaar
Planeet
Massa4,39 M
Radius1,76 R
Temperatuur304 K
Wentelperiode28,155 ± 0,017 dae
Ontdekking
DatumSeptember 2011
MetodeRadiale snelheid
StatusGepubliseer
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die planeet het ’n massa van sowat 4,39 aardmassas[1] en word geklassifiseer as ’n superaarde (’n planeet van tussen een en tien aardmassas).

Die ster Gliese 667 C het minstens sewe planete en drie van hulle, almal aardplanete, ook Gliese 667 Cc, is in die bewoonbare sone. Laasgenoemde lê aan die binneste rand van die bewoonbare sone en wentel elke 28,155 dae om die ster. Dit sal sowat 90% van die lig kry wat die Aarde van die Son kry, hoewel ’n groot deel daarvan in die onsigbare infrarooideel van die spektrum val.

Sien ook

Verwysings

  1. "PHL's Exoplanets Catalog - Planetary Habitability Laboratory @ UPR Arecibo". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2019. Besoek op 23 September 2014.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.