Glencoe, KwaZulu-Natal

Glencoe is 'n dorp in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp en omgewing het 'n bevolking van 17 548 in 2011 gehad.[1] Die dorp is 10 km wes van Dundee.

Glencoe
Glencoe is in KwaZulu-Natal
Glencoe
Glencoe
 Glencoe se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 28°11′S 30°9′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUmzinyathi
MunisipaliteitEndumeni
Stigting1903
Oppervlak
  Totaal26,58 km2 (10,26 vk. myl)
Hoogte
1 246 m (4 088 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal17 548
  Digtheid660/km2 (1 700/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense8.9%
  Indiërs/Asiërs6.9%
  Bruin mense1.0%
  Swart mense83.0%
  Ander0.2%
Taal (2011)
  Zoeloe 76.6%
  Engels 11.9%
  Afrikaans 8.5%
  Ander 3.0%
Poskode (strate)
2930
Poskode (posbusse)
2930
Skakelkode034

Geskiedenis

Die dorpie het as Biggarsberg-aansluiting begin toe die Durban-Johannesburgspoorlyn hierdie punt in 1889 bereik het. 'n Nuwe dorp is in 1921 by die aansluiting aangelê en die naam is verander na Glencoe, na 'n vallei in Skotland.

Distrik

Die dorp het in 1964 sy eie distrik gekry van 668 km2. Skaap- en beesboerdery is die belangrikste aktiwiteite.

Sien ook

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.

Verwysings

  1. "Hoofplek Glencoe". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.