Gladiolus paludosus

Gladiolus paludosus is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort. Die plant is endemies aan KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 19 940 kmĀ². Dit kom van Witbank tot by Lydenburg voor en suidwaarts tot by Piet Retief en Wakkerstroom. Die plant groei in moerasagtige gebiede en vleilande. Dit word bedreig deur damme wat in die riviere gebou word en water afsny wat die moerasse en vleie nat hou. Ander bedreigings is gewasverbouing, indringerplante en voorstedelike ontwikkeling. Steenkool mynbou bedrywighede is ook 'n bedreiging.

Gladiolus paludosus
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Familie: Iridaceae
Genus: Gladiolus
Spesie:
G. paludosus
Binomiale naam
Gladiolus paludosus
Baker, (1891)

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.