Gladiolus atropictus
Gladiolus atropictus is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor op die noordelike hellings van die Riviersonderendberge. Hier is daar twee subpopulasies, die plante is versprei en seldsaam. Hulle word bedreig deur indringerplante soos die denneboom.
Gladiolus atropictus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Gladiolus |
Spesie: | G. atropictus |
Binomiale naam | |
Gladiolus atropictus Goldblatt & J.C.Manning, (1998) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.