Gladiolus acuminatus
Gladiolus acuminatus is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en deel van die fynbos-bioom is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap vanaf Caledon tot by Bredasdorp. Die plant het 80% van sy habitat afgestaan aan graan-produksie. Die oorblywende plante kom in gefragmenteerde subpopulasies voor. Indringerplante en oorbeweiding is tans 'n bedreiging.
Gladiolus acuminatus | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Gladiolus |
Spesie: | G. acuminatus |
Binomiale naam | |
Gladiolus acuminatus F.Bolus, (1917) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.