Gillitts

Gillitts is 'n voorstad op die westelike grens van Durban, KwaZulu-Natal Provinsie, Suid-Afrika.

Gillitts
Gillitts is in KwaZulu-Natal
Gillitts
Gillitts
 Gillitts se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°47′50″S 30°47′40″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
MunisipaliteiteThekwini
Regering
  TipeDeel van Metroraad
  RaadslidRick Crouch[1][2][3] (Demoratiese Alliansie)
Oppervlak
  Totaal11,54 km2 (4,46 vk. myl)
Hoogte
600 m (2 000 ft)
Bevolking
 (2011)[4]
  Totaal8 661
  Digtheid751/km2 (1 950/vk. myl)

Ligging

Dit is sowat 35 km in die binneland van die sentrum van die stad op 'n hoogte van 600 m. Hoewel Durban subtropies en baie vogtig is, lê Gillitts bo die humiditeit en is nie baie vogtig nie, behalwe wanneer dit in die wolke is, wat algemeen voorkom in die somer. Dit is in die misgordelgebied, dus kry hierdie gebied 'n goeie hoeveelheid mis. Al kla sommige inwoners oor die mis, is dit gewoonlik 'n welkome verligting van die intense humiditeit van die gebied.

Dit is geposisioneer naby die tans ontluikende Hillcrest en Kloof. Die hele gebied is bekend as die Boonste Snelweg Gebied omrede die M13 snelweg dit deursny.

Ontwikkeling

Gillitts het redelik stabiel gebly, terwyl Kloof en Hillcrest in die omliggende gebiede baie vinnig groei. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat daar baie min ruimte vir uitbreiding in Gillitts is.

Die gebied van Gillitts strek aan weerskante van die M13 snelweg (Durban na Pietermaritzburg). Die M13 vervang die ou hoofpad tussen die twee stede, en 'n gedeelte van die ou hoofpad is nou die grootpad deur die suidekant van Gillitts.

Vroeë geskiedenis

Die Gillitts-stasie op die spoorlyn in die middel van Gillitts is verlate en tans nie in gebruik nie, maar is 'n pragtige voorbeeld van 1900-era argitektuur. Dit dateer terug na die Boere-Oorlog in die eerste dekade van die 20ste eeu, die stasie was 'n halte vir die Britse soldate in transito van Durban na die Midlandse slagvelde sowel as vir die terugkeer van gewonde soldate.

Tydens die Boere-Oorlog was die Gillitts familieplaas 'n garnisoen vir die Britse troepe, met 'n klein dam vir water en 'n kamp in wat nou Campweg heet. Die dam bestaan nog steeds in 'n skilderagtige natuurlike park tussen die huise in Ashley-rylaan en bevat elwe, babers en ander visspesies, en ondersteun ook 'n verskeidenheid watervoëls.

Met die erfgroottes van 'n minimum van 'n halfakker, baie min trosontwikkelinge, geen kommersiële of industriële ontwikkeling en hierdie baie aktiewe omgewingsgeoriënteerde bevolking, huisves Gillitts nog honderde voëls en inheemse wild insluitende klein bokkies, duikers en ystervarke.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.