Gießen
Gießen is die sewende grootste stad in die Duitse deelstaat Hesse met meer as 79 000 inwoners. As universiteitstad, setel van die gelyknamige administratiewe streek en distrik en belangrike vervoerknooppunt is dit een van die belangrikste stedelike nedersettings in Sentraal-Hesse. Dit vorm saam met Wetzlar, 'n stad wat ruim 10 km wes van Gießen geleë is, 'n agglomerasie met 'n bevolking van sowat 320 000.
Gießen | |
---|---|
Stad | |
Die middestad van Gießen met die Lahnrivier | |
Seël | |
Ligging in die deelstaat Hesse | |
Gießen Ligging in Duitsland | |
Koördinate: 50°35′N 08°40′O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Hesse |
Administratiewe streek | Gießen |
Administratiewe distrik | Gießen |
Eerste verwysing | 1197 |
Stadstatus | 1248 |
Regering | |
• Burgemeester | Dietlind Grabe-Bolz (SPD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 72,56 km2 (28,02 vk. myl) |
Hoogte | 159 m (522 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 79 466[1] |
• Digtheid | 1 095/km2 (2 840/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 35390-35398 |
Skakelkodes | 0641, 06403, 06406 |
Webwerf | www.giessen.de |
Met die Justus-Liebig-Universiteit (25 000 studente), die Technische Hochschule Mittelhessen (meer as 7 800 studente), 'n akademie vir administrasie en ekonomiese wetenskappe, die Vrye Teologiese Universiteit Gießen en 'n afdeling van die Hessiese Universiteit vir Polisiediens en Administrasie het vyf instellings vir tersiêre onderwys hul hoof- of 'n takkampus in Gießen.
Bekende inwoners
- Justus von Liebig (1803-1873), chemikus