Gibbsiet

Gibbsiet is 'n mineraal met algemene formule Al(OH)3 wat veral in lateriete soos bauxiet aangetref word.

Gibbsiet
 
FormuleAl(OH)3 
OnsuiwerhedeFe, Ga [1] 
Nickel-Strunz (10)4.FE.10  
Kleurwit, grys, liggroen, rooierig wit of geel [1] 
Streepwit[1] 
Glansglasagtig, pêrelagtig, aardagtig[1] 
Hardheid2,5-3 (Mohs) [1] 
Optiese eienskappe 
Dubbelbrekingtweeassig (+) 
RI-waardesnα = 1,568 - 1,570 nβ = 1,568 - 1,570 nγ = 1,586 - 1,587[1] 
 
RuimtegroepP21/n (P21/c) 
Nommer14 
Eenheidsela = 868,4(1); b = 507,8(1); c = 973,6(2) pm; β = 94.54(1)°[1]
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Kristalstruktuur

Gibbsiet kristalliseer in 'n gelaagde monokliniese struktuur. Die aluminiumione word deur suurstofatome gekoördineer wat effens verwronge oktaëders vorm. Die suurstofatome vorm lae met heksagonale digpakking. Elke dubbellaag is met betrekking tot sy bure so geleë dat OH ione van aangrensende lae direk oorkant van mekaar lê. Dit resulteer in 'n laagvolgorde ...-AB-BA-AB-... Die lae word deur waterstofbinding bymekaar gehou.[2]

Verwysings

  1. "mindat 1689" (in Engels). Besoek op 24 November 2023.
  2. H. SAALFELD, M. WEDDE (1974). "Refinement of the crystal structure of gibbsite, AI(OH)3". Zeitschrift fUr Kristallographie. 139: 129–135.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.