Ghaap

Die plant ghaap (Hoodia gordonii) kom natuurlik in Suid-Afrika en Namibië voor. Dit is eeue lank deur Boesmans en Khoikhoi gebruik om hul eetlus te demp in tye van voedselskaarste met droogtes. Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) het die plant se aktiewe bestanddeel geïsoleer en dit aan die farmaseutiese bedryf beskikbaar gestel wat dit nou as dieetpil bemark. Sedert 2002 betaal die WNNR gebruiksregte vir hierdie tradisionele kennis wat tot die ontwikkeling van die pil gelei het. Die geld word in 'n fonds gestort wat aangewend word vir die ontwikkeling van die Boesmangemeenskappe in Suider-Afrika.

Hoodia gordonii
Hoodia gordonii
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Asclepiadoideae
Tribus:
Stapeliae
Genus:
Spesie:
H. gordonii
Binomiale naam
Hoodia gordonii
(Masson) Sweet ex Decne., 1844

Ghaap is 'n blaarlose vetplant en die blomme het 'n onwelriekende geur. Meesal word die plant bestuif deur vlieë. Die Boesmans noem die plant ǁhoba (uitspraak: kǁʰɔbɑ; die eerste klank is 'n laterale kliek).

Bibliografie

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.